India: 5-star traveling in a 3rd World Country and a wedding travel blog


Hi,

Ons kan by die waar ons nou is, Hotel Jaypee, wifi koop vir so R16 vir 'n uur, maar ons kan net op 1 device inlog. Dus gaan Wiaan op sy tablet gaan, maar hy gaan probeer dat ek van die blackberry af message. Maar in case all else fails, kan ons vir die volgende uur kommunikeer deur mails.

Eerstens: Ons is veilig in Agra.

Tweedens: Ons is vreeslik moeg!

Derdens: Die mense ry VERSKRIKLIK hierso! Ek was maar te dankbaar om aan die slaap te val elke keer in ons 5 ure rit van Delhi na Agra! More pak ons weer daardie padjie aan en hopelik sien ons meer daarvan as vandag. Alhoewel ek verkies om te slaap, want dit is ryery is rerig iets om oor floutes te kry. Die spoedbeperking is 30km\h, maar almal ry 70km\h. Daar is nie reëls nie! Die drywer hou aan om in die middel van 2 lane te ry! Tuk-tuks ry net voor ander karre in. Trokke ry die hele pad vol. Scooters ry net oor die pad asof daar nie verkeer aankom nie. Ek kan my oë nie glo nie! Dit is slegter as Mozambique, dit is die aakligste aaklig. Trein ry kon dalk 'n beter opsie gewees het, maar bygesê, as ons drywer nie soos die ander ry nie, dan sal ons nou nog gery het. Die karre en trokke toet heeltyd. Soos in heeltyd, om te sê: 'jy is in my pad, move, skuif op, ek gaan nou voor jou ry.' In fact! Daar staan 'horn please' agterop elke trok... Van die trokke se toeters het ander deuntjies wat heeltyd gedruk word. Sal dit vir julle moet opneem, want dit is iets om te hoor en te aanskou.

Die vlugte was goed. Ons het movies gekyk en toe nooit n oog toegemaak nie, wat 'n fout! Op SAA het ons ontbyt gekry en op die Jo'burg na Mumbai vlug het ons 2 keer kos gekry en 'n magnum roomys. Die kos wat ons toe voor moes betaal het, was op die 3de vlug, wat maar 1uur en 35minute was. Natuurlik was ons nie honger meer nie. So dit was nie nodig om kos te gekoop het nie.

Ons is deur customs sonder enige hickups, alhoewel dit 'n lang proses was. Die vrouens het hier orals hul eie security check queu's. Ons wou nog die kamera en tablet declare, maar die man het na ons te gekom en die waarde gevra en toe met die hand gewuif dat ons moet verby hou.

'n Verteenwoordiger het ons kom haal by arrivals en na ons bestuurder toe geneem en hy het vir ons elkeen 'n bottel water gegee en 'n string blomme om die nek. :D Te pragtig. Gedag ek's in Hawaii. Ons het die verteenwoordiger afgelaai en toe die 5 ure oppad Agra toe.

Die bestuurder se engels is gebroke. Hy probeer so hard vir ons goed vertel en verduidelik, maar die sinne is missing en die aksent help nie die saak nie. Wiaan en ek wow en knik maar net ons koppe. Die drywer het 'n taliban kopdoek op en groot grys baard.

Ons het 'n wit donkie gesien vandag. 'n Apie, klomp eekhorings, groot beeste in die pad, wit perde en 'n apie wat opgedress is. Ek stop vir eers. Sal nou weer verder tik. Wil net graag die solank by julle uitkry dat julle kan weet ons is veilig, binne die hotel is als rustig, mooi en Wiaan kyk Indiese 20\20 krieket, live op die tv.

Groete, Wiaan en Lianie



Advertisement
OperationEyesight.com
Entry Rating:     Why ratings?
Please Rate:  
Thank you for voting!
Share |