Hi,
Munnar is beautiful. Dit is hoog in die berge, groen en mistig. Prentjie mooi, met teeplantasies en spice gardens.
Die pad hierheen is net nie so oulik nie. Vat Kampsbaai se kronkelpad van die stad af en x dit met so 100km. Kronkelpad al die pad met die berg op en in. Asof dit nie genoeg is om blind om draaie te gaan en soos hulle maak, karre en trokke sommer om n draai verby te vat, word dit 'n enkelpad nog ook.
Tall Trees is die mooiste plek in Indië sover, of te wel, Munnar.
Die olifante het vlekke op hul ore.
Goeie nuus! Ons het 5pm geëet! Aangesien hulle aandete buffet eers half 8 bedien en ons vanoggend laas geëet het.
Vanoggend se buffet het bestaan uit soet deeg kosse, en warm kerrie disse. Geen eggs en bacon nie. Hul French toast is hard, geel [borrie] met 'n soet kaneel smaak.
Arme Wiaan, want 2 dae terug het hy French Toast bestel en eers het hul dit vergeet en net my kos gebring. Hulle het op die ou einde van die dag net vir hom 4 snye toast gebring, met 'n herb botter en konfyte. Dit was nou by die 5-ster hotel. Ons het niks gesê nie en hulle ook nie, maar toe die rekening kom, het hulle vir die 'french toast' en my cuppaccino betaal.
Ek het pannekoek bestel, flap jacks het by my uitgekom, was steeds lekker.
Daar was chocolate flap jacks, croissants, cupcakes, chicken masala, roti en toast vanoggend.
Ons was by die travel agent se kantore vanoggend om die res van die geld te betaal. Philip het vir ons 'n geskenk gegee. Dit is so groot houseboat gemaak van riet. Sy gift het ons gister al vir hom gegee en hy't baie happy gelyk daarmee. Hy het ook sy kamera by hom gehad en vir een van sy kollega's gevra om 'n foto van ons 3 te neem. Ons is impress met hom en hy doen moeite.
'n Onaangename drywer het gister by ons aangesluit. Hy het vanoggend vir ons gevra vir 10 Rs vir tollgeld, maar ons tollgeld is ingesluit by pakket. 2de keer sê hy: 'wait minute' en toe hy buite staan sê hy 'give 50 Rs' [Rs = rupees]. Hy het terug gekom met 'n coke en kos of sweets. Wat sê 'n mens nou in so situasie. Die 3de keer vra hy vir 100 Rs toe hy ons aflaai by die resort. Hy't elke keer vir Wiaan gevra en die 3de keer het Wiaan nee gesê en geloop. Ons was al in by die cottage en toe kom hy soontoe en vra weer, ek was die keer by en het nee, want toll geld en slaapplek geld is ingesluit by ons pakket. Hy het toe te sê dat hy expensive is en net 'give money'. Wiaan het toe maar gaan geld haal en toe ek hom vra waar hy slaap sê hy net weer 'give money'. Vrek arrogant. Ek verduidelik toe Wiaan het dit gaan haal.
Inelkgeval, ek't vir Philip gebel en gelukkig het Wiaan my ondersteun in die besluit en nie gesê ek moenie oor swak diens kla nie. In fact hy't gesê bel vir Philip.
Lang storie kort, ons kry 'n nuwe drywer. :)
Hoogte punt van die dag?
Die spa se neck, shoulder and back massage. :D. Wiaan was by 'n ou wat glad nie engels kon praat nie sê hy, want hy wou verduidelik het van sy rug. Ek was by so oulike meisie wat sê ek't 'n baie 'different' naam.
O, aandete was vir Wiaan, 'n chicken sandwich met baie rou boontjies en uie in. "Haha" met french fries wat ons gedeel het.
En ek't chicken nuggets gehad, plat dun amper gebrandes.
Ons studeer nou. No lies. Wel ek moet nog studeer, ek moes net gou die mail tik.
More hang ons hier rond en studeer en gaan op n plantation hike vir 'n uur, maar dis als op die premises. Ons het besluit ons wil nie more rondry nie, veral nie die kronkelpad nie.
Nag,
Wiaan en Lianie
|
Advertisement
|